Gay-wees: keuse of so gebore?

“Stil broek, baas is nie bang nie.”

Ek begin so omdat ek weet ek kan met die stuk ‘n lat vir my eie gat pluk, maar ek wil graag n nuwe uitkyk op die stelling gee. Kort en kragtig, en ek weet waarvan ek praat omdat ek uit eie ondervinding praat.

Ek kan n hele paar skrywes hier tag wat my bloed laat kook het en my baie ongemaklik laat voel het, maar ek gaan nie.

Ek wil nie gaywees goedpraat of slegpraat nie, dis elkeen se eie keuse.

wat ek wel wil sê is dit:

Gaywees is defnitief nie n maklike leefstyl nie.

  • Om gay te wees beteken dat jy met verwerping, slegsê, vernedering, oordeel, eensaamheid, en soveel baie ander dinge gaan moet saamleef.
  • daar is baie seer betrokke. Want mense se woorde en optrede kan baie seer maak. En daai wonde genees moeilik.
  • En gay mense is dikwels eensame mense(want wie wil nou vriende met n gay persoon wees)

Ek sluit af: Ek weet nie hoekom(keuse, van geboorte, a.g.v omstandighede) daar straight en gay mense is nie, maar volgens my is dit nie ‘n keuse nie, want watter regdenkende mens sal KIES om gay te wees in plaas van om net straight te wees en niks of niemand gaan iets sê of doen nie?

Ek sal definitief nie kies om gay te wees nie! Maar…

Begrawe die strydbyl … skep n nuwe denkwyse

Homoseksualiteit is n realiteit…dis n werklikheid. Ons kan die nie meer wegkyk en maak asof dit nie bestaan nie.

Dis ‘n alledaagse verskynsel deesdae in ons samelewing.

Ek het my seining oor  hoe ek sal wil he die gemeenskap moet optree teenoor  mense wat homoseksualitiet beoefen.

Dis n baie omvattende seining. Dit vind neerslag in ons totale roeping as mens. Dit bepaal hoe ons na homoseksualiteit kyk en dit verklaar. Die siening is basies ‘n patroon waarvolgens ons moet leef en iets waartoe ons, ons moet verbind.

Daar is verskeie faktore wat my seining beinvloed. Ek gaan slegs die 2 belangrikstes noem:

  • Geloofsoortuiging: Volgens die Woord van God is homoseksualiteit verkeerd, MAAR dit gee ons nie die reg om die mense wat homoseksualiteit beoefen te verstoot nie. Ons moet hulle aanvaar as deel van die gemeenskap. Deur hulle te aanvaar sê ons nie noodwendig dat ons dit gopedkeur nie, want aanvaarding gaan glad nie gepaard met goedkeuring nie. Ons moet mense wat homoseksualiteit beoefen aanvaar as mense en hulle nie uitmaak as een of ander vorm van n demoon of monster nie. Gun elkeen die keuse om te besluit hoe hy/sy wil lewe. Ons moet mense wat homoseksualiteit beoefen aanvaar, tenspyte van die feit dat ons nie saamstem met wat hulle doen nie.
  • Intellek en persoonlikheid: Ons moet besef dat die feit dat iemand homoseksueel is, nie noodwendig beteken dat die person n slegte mens is nie. Hy/sy  beskik nogsteeds oor sekere eienskappe wat baie waardevol is.

My siening vorm ‘n skakel tussen ons geloofs-  en ons lewenswandel.

As Christene is hier een gebod wat vir my baie belangrik is in die siening nl, jy moet jou naaste liefhê soos jouself.

Dan is daar ook nog die “reel” wat ons in die nuwe testament kry, naamlik dat jy nie mag oordeel nie. God sal oordeel. Hy en Hy alleen!

Uit n Christelike oogpunt gesien is dit verkeerd om homoseksualiteit te beoefen…dis n sonde, maar in die Bybel staan daar dat daar by God nie so iets soos n groot en ‘n klein sonde is nie,

Voor God is almal gelyk, homo- en hetrogeen.

Wie gee ons as mens dan die reg om mense wat homoseksueel is te veroordeel en te verstoot?

 Vanuit n samelewing se oogpunt, word mense wat homoseksueel is, gebrandmerk en verstoor. Hulle is letterlik is sekere gevalle die uitgeworpenes.

Alhoewel dit n sonde is, is dit nie n onvergeeflike sonde nie. God het homoseksuele mense net so lief soos alle ander sondaars. Jesus se dood aan die kruis het vir almal se sondes betaal, nie net sekere mense nie, Almal!

En hier speel veral die kerk n baie groot rol. Die kerk stel die voorbeeld. As die kerk gays sal aanvaar as deel van die gemeente, sal die gemeenskap dit sien en besef maar ons almal kan in vrede en harmonie saamleef.(en ek wil net sê daar is wel heelwat kerke wat dit wel doen). Soos ek altyd sê:

            Die kerk moet n hospitaal wees vir sondaars, nie n vertoonkas vir heiliges nie!

Mense wat homoseksualiteit beoefen staan skuldig voor God, nes alle ander sondaars. Geen mens het die reg om gays te veroordeel nie, want die mate waartoe jy ander veroordeel, sal bepaal in hoe ‘n mate jy eendag geoordeel gaan word.

Moenie oordeel nie, probeer eerder die vrug van die Gees uitstraal en maak dit sigbaar vir ander, nl liefde, vrede, vreugde, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing.

Basies beteken dit dat ons gays sal aanvaar as mense, en dat ons selfbeheersing sal gebruik en probeer om in vrede met gay mense saam te leef. As ons gay mense aanvaar, is ons nederig en erken ons dat almal sonde het, en dat ons nie dink ons is beter as gays nie.

 

Homoseksualiteit is al van die begin van die mens se bestaan deel van ons samelewing, vanaf die eerste boeke in die Bybel lees ons daarvan. Dit was net nie altyd so algemeen soos wat dit nou is nie. Vir geslagte lank word gay mense afgekeer en verstoot. Ons verstoot gays, want dis hoe ons voorvaders dit gedoen het…dis hoe dit nog altyd was…

Dis dit nie dalk tyd dat ons opstaan, mekaar se hande vat en n nuwe manier van dink en doen skep nie?

Is dit nie dalk tyd dat ons sal ophou om mense te verstoot, net  omdat hulle anders dink en doen as wat die norm is nie?

Is dit nie nou die regte tyd om n nuwe manier van dink en doen ten opsigte van gay mense te begin nie?

Is dit nie tyd dat almal sal begin verantwoordelikheid aanvaar en besef dat die feit dat gays veroordeel en verstoot word, baie gay mense tot selfmoord dryf.

Gay mense verdien ook n plekkie onder die son. Hulle is doodgewone mense, wat nes alle hetroseksuele mense, ook net smag na aanvaarding

 Ek dink dis n goeie tyd om saam op te staan, die strydbyl te begrawe en te sê :”Ons aanvaar die mense wat gay is, al dra dit nie ons goedkeuring weg nie.